Bespreek SA se Nasionale Singbok vir 2023

BOK VAN BLERK

Bespreek SA se Nasionale Singbok vir 2023

Daar is nou nog meer rede om uit te sien na 2023 met die nuus dat jy nou al amptelik
‘n Bok van Blerk vertoning kan bespreek vir volgende jaar.

Sedert Bok van Blerk die eerste keer in 2006 op die toneel verskyn het en mense laat
regop sit het met “De La Rey,” het hy homself keer op keer bewys as ‘n kunstenaar wat
weet hoe om sy aanhangers en konsertgangers te gee presies wat hulle wil hê: topklas
vermaak. En Bok-aanhangers is dit eens, jy gaan ver moet soek vir ‘n Singbok,
Kuierbok en Partytjiebok alles in een.

Daar is heelwat faktore wat ‘n rol speel in die gewildheid van Bok van Blerk by
konserte, feeste, fondsinsamelings en kuiergeleenthede. Een daarvan is sy reuse
repertoire wat hy sedert 2006 opgebou het, gevul met herkenbare, lekker saamsing
treffers en lirieke wat die hart aanraak. Daar is min kunstenaars wat so groot
verskeidinheid liedere in hulle arsenaal het om die voete te laat jeuk, jou super trots
laat voel oor jou land en laat wegstap met ‘n warm gevoel in jou hart en weet jy was
vanaand behoortlik vermaak!

Voeg daarby die feit dat Bok van Dag 1 af met ‘n vol orkes optree, elke musikant
iemand wat hul storie ken en wat weet wat gehore van hou. Dit sluit in Jaco op
elektriese kitaar, Alouise op baskitaar en Jason op drome. Die klank is ook altyd van
hoogstaande gehalte, maar hoe dan anders as jou klankingenieur, Wentzel, vanaf Dag
1 saam met Bok die paadjie begin stap het.

As jy vir Bok uitvra oor hoeveel hy dit geniet om voor ‘n skare op te tree, is die
antwoord eenvoudig. Hy geniet elke oomblik daarvan want hy is lief vir sy land en sy
mense, hy geniet dit om die land te toer en mense wyd en suid te vermaak met ‘n
topklas vertoning. En dit vorm alles deel van elke vertoning, of jy hom nou bespreek vir
‘n fees of ‘n meer intieme kuier saam.

Dit is maar net weer bewys met die onlangse Afrikaans is Groot konserte waarvan Bok
ook reeds 10 jaar lank deel is. Mense se waardering vir Bok en dit wat hy na enige
vertoning toe bring, was duidelik toe Bok ook ‘n toekenning ontvang het vir sy bydrae
tot Afrikaanse musiek en tot Afrikaans is Groot. Daar’s natuurlik ook die feit dat daar
nuwe musiek oppad is in 2023 en dis altyd ‘n lekker trekpleister om mense mee te lok
na ‘n konsert or optrede toe.

Dus, of jy nou op soek is na ‘n vertoning deur een van die land se top sangers, wat
reeds vir amper 17 jaar vol sale trek, ‘n skool of feesorganiseerder is wat ‘n
fondsinsameling wil hou en verseker wil wees van uitstaande vermaak of sommer net
iemand is wat hou van goeie lewendige vermaak, kontak my sommer vandag nog en
kom ons maak ‘n optrede deur ons land se Nasionale Singbok ‘n realiteit.

Website Security Test