Wen ‘n jagkuier saam met Bok van Blerk!

BOK VAN BLERK

Wen ‘n jagkuier saam met Bok van Blerk!

Dis bietjie meer as ‘n jaar sedert die pandemie begin het en as elke dag bietjie begin voel na “Ag tog,” is hierdie jou kans om dit te verander na “Jagtog!” Hierdie is ‘n eenkeer in ‘n leeftyd geleentheid, moontlik gemaak deur Bok van Blerk Produksies en Thithombo wildsplaas, die einste plaas waar die musiekvideo van “Hardekole” geskiet is.

Lootjies is tussen 12 Mei 2021 en 18 Junie 2021 te koop teen R150 per lootjie. Daar is geen beperking op hoeveel lootjies ‘n persoon mag koop nie en vanselfsprekend, hoe meer lootjies iemand koop, hoe groter is hulle kans om die prys wat in ‘n trekking weggegee sal word, te wen.

Die algehele wenner van die kompetisie sal die kans kry om ‘n vriend of familielid saam te vat op die avontuur. Dit sluit in vier dae en drie nagte van jag en die kans om beide ‘n rooibok en ‘n blouwildebees te skiet. Die wenner en sy vriend kan ook ander wild op die plaas jag en die pryse is baie bekostigbaar. Saans, kan daar uitgesien word na kuier om die kampvuur saam met Bok en die kans om jou eie private gehoor te wees terwyl hy ‘n liedjie of twee sing. Dalk net deel hy ‘n staaltjie of twee of iets interessant oor sy musiek wat niemand anders weet nie.

Die prys sluit akkommodasie in Thithombo se luukse tentekamp en etes in, maar sluit die koste van enige drankies uit. Verdere reëls en voorwaardes is beskikbaar op iTickets se webblad. Gaan hou ook Bok se webblad dop vir enige verwikkelinge en die wenner sal ook daar aangekondig word op 18 junie 2021 op Bok se Facebook blad

Kaartjies is beskikbaar by itickets.co.za by https://itickets.co.za/events/453740 maar jy gaan moet vinnig skiet want slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies is beskikbaar.

Koop vandag nog ‘n looitjie (of twee of vyftien) en merk die datums tentatief in jou dagboek: 29 Junie – 2 Julie 2021. Want as ons jou naam trek op 18 Junie, sal dit jou laaste gelukskoot wees. Van daar af gaan jy mooi moet aanlê!

Website Security Test