Herontdek die liefde in Somer Son

BOK VAN BLERK

Herontdek Die Liefde In Somer Son

Herontdek die liefde in Somer Son

As jy lief is vir Afrikaans en hou van rolprente, veral waar komedie, drama en romanse mekaar komplementeer, kan jy met reg uitsien na die 8ste Mei. Want dis wanneer Somer Son, die splinternuwe Afrikaanse rolprent met Bok van Blerk, Hanna Grobler, Juanita de Villiers en Reynard Slabbert in die rolverde- ling, in teaters landwyd begin draai.

En aangesien Moedersdag op die 10de Mei val, beloof dinge om sommer heel netjies uit te werk vir ‘n baie spesiale gebeurtenis.

Somer Son vertel die verhaal van ‘n paartjie wat na vyf jaar van getroude lewe besluit om bietjie weg te breek Mosambiek toe om die liefde net weer so bietjie aan te wakker. Hulle en nog ‘n verliefde paartjie ondervind egter motor- probleme in gietende reën en eindig gestrand op in die vreemde.

Wanneer hulle genoodsaak is om skuiling te soek in ‘n huis daar naby, kon niks hulle voorberei op die avontuur van ‘n leeftyd wanneer hulle die eienaar van die gastehuis en sy vrou ontmoet nie.

Regie word behartig deur Clinton Lubbe, ‘n bekende fotograaf, kinematograaf van Die Nataniël Tafel Seisoen 4 en 5 en die regisseur van heelwat Afrikaanse musiekvideos. Die benadering tot die skiet en vervaardiging van Somer Son is ook ‘n eerste in Suid-Afrika deurdat alles ‘groen’ gedoen was. Sonkrag is ingespan vir die verfilming en heelwat navorsing is gedoen oor groen-energie oplossings wat ingespan kon word tydens die produksieproses.

So, terwyl Somer Son geen skadelike voetspore agtergelaat het in die natuur of omgewing nie, kan liefhebbers van Afrikaanse film maar weet dat die film beslis diep voetspore gaan trap in die harte van almal wat al ooit verlief was.

Kyk gerus na die lokprent hier:

Website Security Test