Dis Wie Ons

BOK VAN BLERK

Dis Wie Ons

15 jaar gelede het Bok van Blerk een van die grootste snitte in Afrikaans vrygestel. Die oomblik toe Del La Rey die klankgolwe getref het, het hy die hele land aan die gons gehad. Vir Afrikaanse mense het dit ‘n gevoel van trots aangewakker. Dit het vir Bok van Blerk gevestig as een van die grootste name in die Suid Afrikaanse vermaaklikheids-wêreld.

Om die groot herdenking te vier het Bok van Blerk besluit om ‘n nuwe snit uit te reik wat vertel wie Suid Afrikaners vandag is. Dit is wel nie al nie, ‘n konsert word spesiaal vir die viering gelood waar Bok se ondersteuners in Pretoria, by Loftus Park, van sy grootste snitte oor die 15 jaar kan geniet, sowel as sy nuwe snit Dis Wie Ons Is.

Bring jou stoel of kombers en geniet vir Bok van Blerk onder die sterre. Daar sal drank en kos-stallietjie beskikbaar wees. Loftus Park is heel dag oop, maar die hekke na die

Hierdie enkelsnit is geskryf deur drie baie talentvolle individue, naamlik Christoph Kotze (Appel), Arnold Coleske en Bok van Blerk self. Dit is dus veilig om te sê dat dit sonder twyfel ‘n toptreffer sal wees.

Bok van Blerk se vorige album “Hoor Ons!” (2019) soos “Die Land”, “Was”, “Land en Strand”, “Blouwildebliksemsfontein” en “Voetspore” is steeds op Apple Music se Top 200 Singles Afrikaans-kaart en die album is nommer 7 op die Afrikaanse Album-kaart. Bok van Blerk is ‘n gunsteling onder die Afrikaanse gehoor en is bekend daarvoor dat hy massiewe enkeltreffers met ‘n lang lewensduur vrystel. “Dis Wie Ons Is” sal nie anders wees nie.

Website Security Test