Afrikanerhart – 2009

BOK VAN BLERK

Afrikanerhart – 2009

  • Vrystelling Datum: 2009-03-01
  • 1

    Tyd Om Te Trek

    Buy track Lirieke

    Ek het jou nie verloor nie
    Maar wat het jou gewen
    Jou paspoort op die tafel
    Het my hier vasgepen
    Jy sê daar kom ‘n oorlog
    Wat diep daar in jou brand
    Jy vra kom ek saam na waar jy moet gaan

    Jy sê dis tyd om te trek
    Om jou hart te vat
    Jy sê dis nie om ons uitmekaar te spat
    Maar jou woorde aan my
    Wil ek hier agter bly
    Want as jy vra moes jy vra
    Maar jy’t my gesê
    Van jou wyse plan is dit wat jy wou hê
    Daar’s geen plek vir jou hier
    Jy sê dis tyd om te trek

    Daar is soveel meer wat ek wou sê
    En wat ek oor wou hê
    Maar hier in donker afrika
    Wat soveel van ons vra
    Wat sou dit kos om net te bly
    Jou woorde was te duur
    Want wat jy wou sê
    Was geskryf teen die muur

    Koor

    Tyd Om Te Trek
  • 2

    Afrikanerhart

    Buy track Lirieke

    In vuur en bloed vind ek my nou
    Soos elke boer en kind en vrou
    ‘n oormag kwyl nou oor ons land
    Staan gewapen tot die tand

    Sy skadu val ‘n donker wolk
    Oor die toekoms van ons volk
    En veg ons nie sal ons verdwyn
    By magersfontein, by magersfontein, by magersfontein
    Trek ons die lyn

    Koor:

    Kom boerekrygers wees nou helde
    Die dag van rekenskap is hier
    Die vyand jaag nou oor ons velde
    Staan jou man teen kanon se vuur
    Die kakies wil ons volk verower
    Belowe pyn en smart
    Maar as jy skiet, skiet my deur
    As jy skiet, skiet my deur
    As jy skiet, skiet my deur my afrikanerhart

    As jy my vra sal ek jou sê
    Hoe my hart se wortels lê
    As jy my vra sal ek jou wys
    Dis my grond hier in my vuis

    Koor

    Al breek die hel hier agter ons los
    En al stort die hemel neer
    Hou die lyn en staan jou man
    Dis hier waar ons hul kan keer
    Staan vas suid-afrika
    Staan vas suid-afrika

    Koor

    Afrikanerhart
  • 3

    Super Schalk

    Buy track Lirieke

    Die legende loop so in wellington
    Waar ou schalk van kleins af met sy stront begin
    Op ‘n warm boland more het hy homself
    Tussen slang en ratel op die berg bevind
    En hy twee mal diere staar hom in die oe
    Maar ou schalk is mos nie bang nie dit kan jy glo
    Wat daai dag gebeur het wil ons almal weet
    Kry ou schalk sy krag van daai slang en ratel

    Koor

    Oor die velde stoom hy aan
    Elke speler vrees sy naam
    Super schalk word baie sterker as ou hulk
    Super schalk as jy daai groen trui oor hom spalk
    Super schalk

    Met sy hart so klein soos ‘n 10 sent stuk
    En sy hande so groot soos ‘n koekie blik
    Maak hy elke liewe meisie se hormone mal
    As daai blonde mulet stylvol in sy nek afhang
    Maar kry hom op die veld en die pyn lê wyd
    Ek dink daai twee mal tiere het hom ingespuit
    Wat daai dag gebeur het wil ons almal weet
    Kry ou schalk sy krag van daai slang en ratel

    Koor x 2

    En hier volg daai storie van die middag op die berg
    Dis ou schalk en daai slang en daai ratel wat hom terg
    Met sy vel hoed in sy hand loer hy vuil na elke dier
    Skop ‘n bietjie stof op en sê dis nou die uur
    Daai slang val eerste aan dis net spoeg en gif wat spat
    En al pik daai slang hoe mal lag ou schalk hy kan dit vat
    Daai ratel dra nou das van slangleer om sy nek
    En dis hoe ons weet ou schalla nooit sal vrek

    Koor x 2

  • 4

    Brandewyn Het Nie Brieke Nie

  • 5

    Jou Pa Is Hier

    Buy track Lirieke

    Dit was ‘n donker aand,
    Op ‘n donker pad,
    En my hele band,
    Was effetjies gespat,
    En ons kry verdriet hier in nowhere,
    Want die wiel is pap en daar’s geen spare,

    Maar hier teen middernag,
    Sien ek ‘n dowwe lig,
    En daai dowwe lig,
    Word toe ‘n boer se plig,
    Wat ons kom help hier in die middel van nowhere,
    En langs daai reuse boer sit sy dogter mooi,
    Wat met haar colgate smile ons na die plaashuis nooi...

    Koor

    Hey jou pa is hier!
    Jou pa is hier hou terug my dier!
    Hey jou pa is hier!
    Jou pa is hier maak dood daai vuur!
    Hey jou pa is hier!
    Sê: sit jou hande teen die muur!
    Hey jy raak nou wild
    Belowe oom dis nie my skuld!
    Kom by die plaashuis aan,
    Vang ‘n lekker stort,
    En ek skrik my lam,
    Toe daai boer daar staan,
    Hy sê jy raak nie aan my dogter bok,
    Ek bind jou hormones vas,
    Ek druk jou in ‘n hok,
    Dis die einde van jou career,
    Met my stomp knipmes sal ek ‘n bok kastreer,
    En met daai woorde vars in gedagte,
    Sluit ons haar kamerdeur, gaan mal en ek sê...

    Koor

    Sy like nie my musiek,
    Sy’s ‘n deff leppard fan,
    En met my kaalbolyf,
    Word ek haar leopard-man...
    Gooi jou suiker op my...
    (so terwyl ons vry) (laat ons lekker kry)

    Herhaal koor tot einde

  • 6

    Klaar Met My

    Buy track Lirieke

    ‘n Honderdduisend jaar gelede was ek net die grotman van ‘n stam
    En elke dag opsoek na vuur om iets te braai en slag vir jou ‘n ram
    Dit was genoeg dit was net ons twee saam
    Ons flous die man in die maan

    Koor

    Want hoe wil jy my hê
    Kan jy vir my sê
    Sien jy my daar’s iets om te verower
    Iets om mee te spog
    Wie gee jou reg
    Wens jy loop net weg en sê jy’s klaar met my
    Want jy lig my op
    En jy breek my af
    Alles om jou wêreld te betower
    Wie die laaste lag vra ek vir jou
    Wens jy loop net nou en sê jy is klaar met my

    Voel jy nog ooit iets vir my
    Of dryf jy elke dag net vêrder weg
    Want alles wat jy doen en sê loop altyd uit op ‘n modder gooi geveg
    Hoe lank gaan dit vat, ek voel jy hou verby my
    Ek voel jou mes deur my sny

    Koor

    ’n Honderdduisend jaar gelede was en net die grotman van ‘n stam

    Koor

    Klaar met my x 2

  • 7

    Die Kaplyn

    Buy track Lirieke

    Die kaplyn – tweede weergawe
    Tussen bosse en bome,
    Tussen grense wag ons almal vir more,
    Maar op agtien was ons almal verlore,
    Hoe kon ons verstaan,

    En wie weeg nou ons lewe,
    Want net god alleen weet waaroor ons bewe,
    Want op agtien wou ons almal net lewe,
    Net een slag toe was jou lewe verby,

    Koor

    Roep jy na my,
    Roep jy my terug na die kaplyn my vriend,
    Deur die jare het die wêreld gedraai,
    Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai,
    Soek jy na my,
    Soek jy my nou in jou stof en jou bloed,
    Jy’t gesê jy hoor hoe god na jou roep,
    Toe’s dit als verby...

    Na al hierdie jare,
    Ver verlore dryf ons rond in die dade,
    Net soldate leef met grense se skade,
    Hoe kan hull verstaan,

    Want daai bos vreet ons spore,
    In die donker bos was broeders gebore,
    In die donker saam gebid vir die more,
    Maar met net een slag jou lewe verby,

    Koor
    Roep jy na my,
    Roep jy my terug na die kaplyn my vriend,
    Deur die jare het die wêreld gedraai,
    Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai,
    Waar is jy nou,
    Is jou naam dan op ons mure behou,
    Jy was nooit vereer en niemand gaan nou,
    Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou...

    Brug

    En by daai mure,
    Staan ek vir ure,
    Maar waar’s jou naam nou my vriend,
    Kan hull nie verstaan...
    Jong soldate vergaan...
    Sonder rede dra hulle die blaam...

    Herhaal koor tot einde

    Die Kaplyn
  • 8

    My Angel

    Buy track Lirieke

    Jy weet hoe ek dink en wat ek voel
    Jy weet met my smile wat ek bedoel
    Jy wys my ou vinkel in die maan
    Jy wys my hoe drome nou vergaan
    Want vandag se kind het alles kom verander
    Maar daar’s soveel wat ons altyd sal onthou

    Koor

    Jy weet jy’s my angel
    Jy weet jy’s my soul mate
    Dit maak nie saak waar ons toekoms ook al gaan
    Bly jy nog steeds my angel
    Jy nog steeds my angel
    Vanaand

    Sou jy as jy die tyd weer terug kon draai
    Sou jy jou bagasie op my laai
    Want jy weet ek sal jou net so vat
    Want jy weet en ken alreeds die pad
    Want jy sê vir my die palms by my huis
    Laat jou dink pretoria is ‘n beter place

    Koor x 2

  • 9

    Die Kleur Van My Vel

    Buy track Lirieke

    Al wat ek is lê in wat ek kan doen,
    My hande draai skroewe om geld te kan soen,
    Ek sweet elke dag sodat ons kan bestaan,
    Van 7 tot 5 laat die ure vergaan,
    En elke man hier hou net aan om te bid,
    Dat daai leiers vir ons nie op straat sal laat sit,
    Maar ek weet...
    Dis nou my beurt...

    Koor

    Hierdie hande, hierdie hande werk vir jou,
    Maar my land, o hierdie land wil my nie hou,
    Wil net werk vir ‘n lewe,
    Vir my kind en my vrou,
    Maar my ewige hel,
    Is dat hull my vertel,
    Dis die kleur van my vel....

    Ek smeek in die pad motors ry net verby,
    En elke ryk man kyk met vrees neer op my,
    My hande lê swak om los sente te vang,
    Die honger en vrees maak die sterkste man bang,
    Want elke man hier hou net aan om te bid,
    Dat daai leiers vir hull nie op straat sal laat sit,
    Want wie weet...dis dalk jou beurt...

    Herhaal koor

  • 10

    Seilvis Skoffel

    Buy track Lirieke

    My storie het begin
    By harties opie water
    Met ‘n r5 stok,
    ‘n tube ek check jou later,
    Op die kalm varswaters,
    Skreeu ek vir my maters,
    Hie’t ‘n ding gebyt
    Wat my heup verstyt

    Toe daardie vis wegtrek,
    Klou ek dat ek vrek,
    En my trekker tube,
    Mik vir dieper water,
    En glo my nou pel,
    As ek jou vertel,
    Ek het die ding gehaak met geblikte frikkadel,

    Koor

    Hoor nou weer vir stoffel
    Hoor nou weer vir stoffel
    Met sy r5 stok,
    Hy doen die seilvis skoffel
    Hoor nou weer vir stoffel
    Hoor nou weer vir stoffel
    Ons weet hy jok,
    Dis die seilvis skoffel,
    Aham...aham, aham, aham

    Oor die dam se wal,
    Limpopo ingeval,
    Maar my dip bly regop,
    En die vis trek mal,
    Ek ski verby die grens,
    Met die alg nog op my pens,
    En in die af seisoen
    Slaan ek die lagoon
    En glo my nou pel,
    As ek jou vertel,
    Hie’t ‘n diepsee vis gebyt
    Dit was die lochness monster of iets uit die hel.

    Koor

    Hoor nou weer vir stoffel
    Hoor nou weer vir stoffel
    Met sy r5 stok,
    Hy doen die seilvis skoffel
    Hoor nou weer vir stoffel
    Hoor nou weer vir stoffel
    Ons weet hy jok,
    Dis die seilvis skoffel,
    Aham...aham, aham, aham

    Vier dae later,
    Storm aan die kom
    Die golwe lyk soos berge
    En my stok trek krom
    Ek spring toe in die water,
    Ek slaan hom met die kop,
    Sy oë dop om,
    En sy lyf swel op,
    En glo my ou pel,
    As ek jou vertel,
    Nege honderd pond,
    So sonder sy vel,
    En glo my asseblief,
    Glo my asseblief...
    Okay , okay ...ek moet bieg...dit was kerrie frikkadel

    Sestien uur,
    Storm aan die kom,
    Die golwe lyk soos berge
    En my stok trek krom

  • 11

    Boeregirl

  • 12

    Miss U.S.A

    Buy track Lirieke

    Sy was miss u.s.a.,
    Van stella la...
    Ons wou haar almal kry,
    Ja, ja, ja ,jaaa...
    Sy sit en loer vir my,
    En ek vir haar...stywe t-shirt ja, ja, jaaa...
    Span so styf altwee loer so mooi vir my...

    Koor

    Onder die wilgerboom daai aand,
    Het ek in u.s.a. beland,
    Dit was so mooi...la, la, la, laaa...
    Moes haar afgooi...la, la, la, laaa...
    Van al die merke op my lyf,
    Moes sy die afterburn invryf,
    Maar vir liefde sale k weer,
    Al maak dit seer...

    Sy’s nou my eie vrou,
    Miss pretoria...
    Want sy’t haar match gekry,
    Ja, ja, ja, jaaa....
    En as sy loer vir my,
    Sê ek trek aan...jou stywe t-shirt ja, ja, ja...
    Span so styf altwee loer so mooi vir my...

    Herhaal koor

    Brug

    Miss u.s.a. was nie haar naam,
    Op daai t-shirt het dit mooi gestaan,
    En daai woordjies span so styf,
    Om my wilde vrou se lyf,
    La, la, la...miss u.s.a.,
    La, la, la...het haar match gekry,
    La, la, la...miss u.s.a
    La, la,la,…nie te wild vir my

    Herhaal koor tot einde

  • 13

    Nooit Weer Gesien Nie

    Buy track Lirieke

    ‘n Duitse fees
    ‘n Duitse bierfees
    Almal baljaar
    En deur die bier het ek jou gewaar
    Jy’t my laat vou
    Toe jy vir my staar

    Met jou ramkat lyf
    Maak jy jou skuif
    Ek vra nog jou naam
    Hier uit my buitebaan
    My heel beste pel
    Mavros
    Wat de hel
    Vir my moes sy bel

    Koor

    Maar ek het jou nooit weer gesien nie
    Maar ek het jou nooit weer gesien nie
    Dalk het ek jou nie verdien nie
    Want ek het jou noot weer gesien nie
    Ek wil jou vergeet
    Maar jy spook by my
    Jy’s altyd by my

    ‘n Hospitaal
    Pretoria oos
    Die dokter lyk bleek
    Ek het sy kos ge-eet
    En diep in my rug
    Net duskant my murg
    Sy mes wat my steek

    My enigste troos
    Daai nursie wat bloos
    Sy doen dit alweer
    Sy vat aan ou koos
    En doer in die deur
    Staan mavros alweer
    Haar ou’t hom beseer

    Koor x 3

  • 14

    Sink Of Swem

    Buy track Lirieke

    Wie is jy ? En wat is ek vir jou ?
    Ek wil net by jou wees, ek wil jou vashou
    Want ek onthou weer, ek dink aan elke keer
    En ek wonder wat dit is wat jou hart nou keer

    Want die son soen die see en ek soen jou lyf
    En in my drome hou ek jou so styf
    Ek ken jou skaars, maar ek mis jou meer en meer

    Koor:
    Sink of swem, ek wil jou ken
    En jou net by my hou in my arms vanaand
    Swart of wit, is dit nou dit ?
    Jy weet ek sal vir altyd hier bly staan
    Ek wonder want dit raak al seer en jy weet ek het alles probeer
    Ek en jy is nie verby
    So gee my net weer iets om vas te hou
    Ek wag vir jou

    Wie is jy ? En wat het jy bedoel ?
    En wat is dit wat jy nou in jou hart voel ?
    Want ek onthou jou, Jy's al wat saakmaak vir nou
    En ek hoop jy weet ek sal vir altyd aanhou

    Koor

    Ek wag vir jou
    Ek wil jou by my vashou
    Ek wag vir jou

    Koor

    Ek wag vir jou
    Ek wil jou by my vashou
    Ek wag vir jou

  • 15

    Pa En Seun

    Buy track Lirieke

    Ek staan hier alleen langs jou graf
    En ek wens so graag jy was nog hier
    Dat ons net kon praat
    En ons trots kon laat vaar
    En ek net jou pa kon wees

    Net die beste wil ek vir jou hê
    Maar daai woorde was nooit net gesê
    En hier waar jy lê my seun
    Weet ek die tyd was te min
    Om oor te begin

    Koor:

    Sê my, hoe sê ‘n pa vir sy seun
    In jou het ek lewe gevind
    Ek het jou lief jy’s my kind
    Jy’s my kind
    Sê my, hoe word ‘n pa so alleen
    Dit voel soos my enigste seun
    Die here het jou my geleen

    Jou woorde draai steeds in my kop
    Daar is soveel wat ‘n pa nog wou vra
    Maar eendag moes jy
    Ook ‘n pa word my kind
    En dan sou jy alles verstaan

    Soos ‘n pa wat sy lewe sou gee
    Met sy trane die see weg sou vee
    Maar hier waar jy lê my seun
    Weet ek die tyd was te min
    En niks maak meer sin

    Koor

    Maar toe in die nag
    Het hy jou kom haal
    En in my spyt
    Besef ek te laat
    Jy’t my altyd gedra
    Maar ek bly nog jou pa

    Koor

    Pa En Seun
Website Security Test