Van De La Rey Tot Nou

BOK VAN BLERK

Van De La Rey Tot Nou

  • Vrystelling Datum: 2016-11-01

  • 1

    Goeie Hout

    Buy track Lirieke

    Rig jou oë op na die berge
    Jou geloof maak jou net sterker
    Al trek jou juk jou af sal jy triomfeer

    Jys gebore en getoë
    Om te wen en te verloor
    Dis die opstaan uit jou graf wat als genees

    Pre
    Dis die vasbyt deur die sweet
    Om aanhou krag te meet
    Met jou siel en met jou gees
    Verdwyn die vrees

    Koor
    Hou jou goeie hout vir die winter
    Jou terugslae vir gister
    Solank n man net uit sy lesse leer
    Net soos Langehoven sê
    As die somer gaan lê
    Spaar jou goeie hout vir die winter

    Vers 2
    Lei jou woorde deur die dale
    Luister duidelik na verhale
    Laat die wysheid van bejaardes deur jou vaar

    Kyk uit vir jou naaste
    Wees n skouer vir as dit swaar gaan
    Jy moet kan uitdeel voor jy vir jouself kan neem

  • 2

    Van De la Rey tot nou

    Buy track Lirieke

    Hoor jy die magtige dreuning
    Oor die veld kom dit wyd gesweef
    Dis die lied van ‘n volk se ontwakking
    Wat harte laat sidder en beef

    Voorvaders van ons generasie
    Was helde om op trots te wees
    Soveel lesse uit onse verlede
    Maar nog meer om by mekaar te leer

    Van De la Rey tot nou
    Suid Afrika ek’s lief vir jou
    Hoor die donderweer en weet
    Daar was soveel bloed gesweet
    En ons gaan nerens heen
    Ons is hier om te bly
    Ons vir jou.

    Van de la Rey tot nou

    Nou meer as ‘n honderd jaar later
    Nogsteeds daardie selfde geveg
    Gaan ons ooit leer uit onse verlede
    Wies verkeerd en wie is reg

  • 3

    Bosveld Vastrap

    Buy track Lirieke

    Vers 1
    Dis langnaweek en my bakkie is gepak
    My vrou is in en my skoonma’s op die dak
    Al die pelle het al vroeg bosveld toe gery
    Ek moes eers vir die honde kos kry

    Toe ons grondpad tref toe word die eerste een geknak
    My mond is droog ek kon voel hoe my tong teen my wang vasplak
    Toe sien ek in die verte n rooksein wat daar waai ou Piet skree bly kalm ons gaan nou braai...

    Bly kalm, en drink n koue
    Klap n kort een vir die vrouens
    A happy wife is a happy life my bra
    Stook solank die kole
    Stuur n rooksein morse kode
    Dis tyd vir nog n bosveld vastrap ja

    Vers 2

    Die biere loop en die kole word gestook
    Die vrouens kla want die kos is nog nie gaar nie
    Die kinders soek sand krokodille en ouma meng haar pille want sy kan nie onthou waars haar brille nie

    Toe die mampoer tref raak ons lekker zef
    Ons speel boere tunes en konsertina blues kliphard vanuit die bakkie seats
    Ons gooi n meel op die vloer laat die voete roer ons skoffel tot die jakkalse lawaai

  • 4

    Datsun Bakkie

    Buy track Lirieke

    Ek was ‘n wegloop hond
    Tegnies ongesond
    Taai groot geword
    Ek het geeet met my hande
    En ek kou oopmond
    Jy was die dorps prinses
    Dressed to impress
    Al die mans wou jou he
    Maar jy wou langs my kom le
    Net hier langs my

    Die padda soek sy prinses, wergeet van die res.

    Dit was ‘n Datsun bakkie en cheap hotels
    Skaars geld gehad om huistoe te bel
    Dit was vuurmaakhoud vir die ou dae
    Ons het gelewe vir daai dae

    Nou as die kleinkinders ons vra, se ons dit was die dae

    Jy was so mooi vir my
    Jou lyf so perdeby
    Sou die nag om ry
    Wat jy in my raak kon sien
    Was ‘n groot misterie

    Dit was net ek en jy
    Die dorp was net te klein
    Ons moes groener wei
    Weivelde kry
    Ons was een ons was saam

  • 5

    Reenspinnekop

    Buy track Lirieke

    Reenspinnekop

    Vir jou is ek so bang soos vir ‘n reenspinnekop

    Jy sit daar in die hoekie en jy hou vir my dop

    Met jou langbeenlyfie en jou lippies vol gif

    Reenspinnekop, jy wil my byt waar dit jeuk

    Ek’s ‘n baie dapper man en ek skrik nie vir ‘n slang nie

    En ‘n haai sal ek vang met my hande as ek kan

    Vir bobbejaan, likkewaan en leeu is ek nie bang nie

    Laat die krokodil kom, ek gooi hom terug in die dam

    Maar vir jou is ek so bang soos vir ‘n reenspinnekop

    Jy sit daar in die hoekie en jy hou vir my dop

    Met jou langbeenlyfie en jou lippies vol gif

    Reenspinnekop, jy wil my byt waar dit jeuk

    Vir ‘n swaargewig champ sien ek kans in die kryt

    En ‘n agterstraatbrak kan maar probeer om my te byt

    Bring ‘n haelgeweer en ‘n bakkie vol cops

    Met boeie en ‘n sweep, ‘n sambok en ‘n skokstok

    Moet ek net staan en kyk hoe jy jou spinnerak spin

    Moet ek wag tot jy wyk, of tot jy my bespring

    Jy gee een treetjie vorentoe en twee treetjies terug

    Ek voel ek wil vlug, maar netnou spring jy op my rug

  • 6

    Liefde deur boer se oë

    Buy track Lirieke

    Liefde deur boer se oë

    Daar soveel om te sê maar so min tyd
    Dis iets wat net n wyse man kan beskryf
    Sy hou hom hier in die hede hy vergeet sy verlede
    As sy knus hier langs hom rus

    Sy ken hom heeltemal te goed
    Hoe hy hou van my koffie die bitter maak dit soet
    Sy sal praat oor die toekoms voor hul ou sinkhuis se stoep
    Sy sal wag vir n antwoord maar die stilte is genoeg
    Vir nou
    Liefde deur n boer se oë
    Hul altwee weet dis daar, maar sien is glo
    Hy sal opstaan as sy instap haar stoel vir haar uittrek
    Haar hanteer soos n vrou want sy verdien sy respek
    Dis hoe sy ma hom geleer het en sy pa haar hanteer het
    Dis liefde deur n boer se oë

    Sy is iemand wat meer gee as wat sy vra
    Nie een wat regtig oor die klein dinge kla
    Sy lees hom soos n oopboek die genesing wat hy soek
    As sy siel n noodkreet roep

    Dis iets waaroor sy Pa met hom sou praat
    As dit kom by sake van die hart is hy die een vir raad
    Dis n wederse respek en hoe jy met haar praat
    die tyd en plek

    Brug
    Geen woorde kan beskryf wat hy voor hom sien
    Dis n gevoel so opreg sonder simpatie

  • 7

    BloedBroers

    Buy track Lirieke

    1984 ons was vyande gewees
    Mekaar gerol daar by die fiertsloots, jy was ‘n doring in my vlees
    Toe 2 weke later was die oorlog verby
    Ons het die Witvlag gehuis, ‘n beter pel kon ek nie kry.

    Ons was so reg soos reen
    Ons was so in soos gin
    Kan jy glo dit is al jare, maar dis net die begin
    Ons het bloedbroers gesweer met my eerste knipmes​
    Ek sou spoorsny as jy jou bok sou kwes
    Bloed’s dikker as water de hel/vergeet, de hel met/van die res

    Ons het die beste jare uit mekaar gekry
    Ek onthou nog hoe ons Kramer en Goosen uit basyn
    Al daai ou rugby beserings kom met die tyd weer terug
    Jy was jare lank my stut, ek was jou slot, ek het jou rug.

  • 8

    Moeder Afrika

    Buy track Lirieke

    Sy’s die rede vir my bestaan
    Sy is waaroor dit alles vir my gaan
    Haar hartklop pols soos dromme binne my
    ‘n Vreugde wat ek nerens anders kry

    Jy hoor haar in die klopse van die Kaap
    Tussen duine waar die Khoi-San saans sal praat
    In die boere konsertina deur die aand
    Maar eintlik praat ons almal net een taal

    Ek is ‘n kind, van Afrika ​
    Jy sal my vind, op Kanonkop staan
    Hoor jy haar stem, oor die vlaktes dra
    Die/dit is my lied vir Moerder Afrika x 2

    Ek ruik haar in die nat grond na die reen
    Ek proe haar in Maroela, wyn en graan
    Sy vloei deur my soos (‘n) goeie Pinotage
    Dis ‘n taal wat net ‘n Afrikaan verstaan.

    Afrika, diep in jou, toegevou
    Afrika, in my vlees, vas geweef

  • 9

    Dating Game

    Buy track Lirieke

    Tant hettie daar van bapsfontein
    Klim weer in die dating game
    Sy kleur haar hare firefox rooi
    En koop haar rokkies styf
    Sy verf haar naels blou bul pienk
    En sit furr op haar kar se seats
    Sy maak sykouse van n ou visnet
    Die manne roep haar lady in red
    Koor
    Hokaai sy is vol gelaai soos n donna claire corsette
    Met krullers in haar hare kruip sy lekker deur die blare van die rose op haar bed
    Sy is 60 going on 23 sys n boksburg beauty queen
    Sy rook craven A drink goeie doos wyn
    En panados vir die pyn
    Sy lifes a jol so hou die kanne vol dis weer tyd vir die dating

    Ou Kallie daar van kraaifontein
    Skryf hom in vir die dating game
    Hy sit brill cream in sy hare
    En n bietjie op sy snare dat sy vingers lekker gly

    Hy gaan speel n bokjol aand in Bapsfontein
    Toe Hettie hom bekyk
    Hy serenade haar met sy ou kitaar
    En haar drome word toe waar

    Brug
    Sy skree toe jou kombers en my matras
    En die ding lê toe daar
    Jou kombers en my matras
    Hou vas mamma gaan jaag

  • 10

    Die holte van jou hand

    Buy track Lirieke

    1

    Die vroegoggend weergalm deur die bome in die veld

    Alles hier is stiller as die groot gejaag na geld

    ‘n Wyse man vertel my van lewe na die reen

    ‘n Honger man vertel my daar is murg in elke been

    Hou wat jy het in die holte van jou hand

    Dit pols in jou vuiste dit klop deur jou hart

    So hou wat jy het in die holte van jou hand

    Kom neem in jou plekkie in die holte van my hand

    2

    Die laatmiddag weerskaats tee die dakke van die stad

    Die son gaan stadig onder soos ek die pad terug vat

    Die massas keer weer huistoena veilgheid en vuur

    Maak somme in jou agterkop maak somme op papier

    3

    Die ounag loop en fluister die stilte in my oor

    ‘n Ouman loop en luister die donker sal hom hoor

    ‘n kelner stap weer huistoe sy klante is bedien

    ‘n Kind kom kyk vir oulaas of sy ma hom tog sal sien

Nou beskikbaar

Koop nou

Website Security Test