Sing Afrikaner Sing – 2015

BOK VAN BLERK

Sing Afrikaner Sing – 2015

  • Vrystelling Datum: 2015-06-01

  • 1

    Sing Afrikaner Sing

    Buy track Lirieke

    Jy mag niks meer sê, jy is klaar gepraat
    Dis n hartseer saak wat ons almal raak
    Want die groot verraad kom van uit ons eie mense

    Want die een skeur die woorde van n ander op
    En gebruik dit net vir sy eie lot
    En 'hy' staan vir niks, nie soos ek en jy nie

    Ek weet dit sal verander
    Die wiel sal eendag draai

    Sing, Afrikaner Sing
    Laat jou stem gehoor word
    Laat jy nooit verdwyn
    Ooh
    Sing, Afrikaner Sing
    As ons almal een word
    Kan ons die stilte breek.
    Afrikaner Sing

    En dit lyk dalk vêr, maar dis voor jou deur
    Kan jy sien hoe die wolwe mekaar verskeur
    En daar's niks my vriend, niks wat dit kan keer nie

    Want die dag sal kom dat die koning val
    En hy plek moet maak vir ‘n Generaal
    Wat hom uitoorlê, met sy eie mense

    Want alles moet verander
    Die wiel sal eendag draai

    maar alles het verander
    is dit klaar te laat?

  • 2

    Bosveld Afrika

    Buy track Lirieke

    As ek die grondpad vat, stamp dit tot hier in my hart
    Want hierdie sinkplaat pad, weet net hoe om met my te praat

    Vat die afdraai, tot by die plaas hek
    Waar die bosveld-loerie hello kwê
    Hierdie Bosveld Afrika, gebrandmerk in my are

    Daar waar die son gaan sak onder die Kremetart
    Sal jy, vir my kry
    Daar waar die vlamme praat met die hardekool
    Sal jy, vir my kry
    En as my tyd moet kom, kom lê my neer
    Want ek wil net hier bly
    Hierdie Bosveld Afrika, gebrandmerk in my are

    En met die eerste reën, sien jy hoe God die aarde seën
    En die rooibok lam, weet nie van die leeu wat in die skadu staan
    Maar dis die sirkel, dis die lewe
    En om die kampvuur maak dit alles sin
    Hierdie Bosveld Afrika, gebrandmerk in my are

  • 3

    Hou Jou Voete Op Die Grond

    Buy track Lirieke

    As jy kon praat, wat sou jy sê
    Oor dit (als) wat ons vir jou wil hê

    As jy kon loop, waar sou jy gaan
    Is dit die pad wat ons beplan

    Ons sal daar wees vir jou
    Jy moet dit net onthou

    Hou jou voete op die grond, my Seun
    Hou jou voete op die grond
    Want as jy NIE weet waar vandaan jy kom
    Hoe sal jy weet waarheen jy gaan
    Bly mik vir die sterre

    En ek sê, Hou jou voete op die grond, my Seun
    Hou jou oë op die pad
    As jy n kruispad slaan, moet jy kan op jou eie bene staan
    Mik vir die sterre
    Hou jou voete op die grond

    My wens vir jou, my eerste Kind
    Is dat die seën oor jou sal reën

    Mag elke dag, wat op jou wag
    Jou alles gee wat jy verwag (Jou meer sal gee, as wat jy verwag)

    Ons sal daar wees vir jou
    Jy moet dit net onthou

    En voor jy sien, is dit verby, En wat het jy uit als gekry?

  • 4

    Aan Jou Lippe

    Buy track Lirieke

    Hierdie vaal wolke, wat so pienk deurskyn
    Soos 'n tafeldoek, deurvlek met wyn 

    Hierdie donderwolke, wat soos 'n teerpad hang.
    Dis die somer reën, wat jy in jou hande vang. In jou hande vang, wat jy in jou hande vang.
    Dis 'n ou storie, wat die lig laat skyn.
    Dis 'n nuwe spoor die, wat in die modder verdwyn.
    Dis 'n ou wysie, wat aan 'n nuwe maan hang.
    Soos die lap oor die oë van vrou in die middel, wat die skaal laat hang X3

    Jy moet sê as die aand te lank raak 
En jy net wil lê 

    Dan sal my hart sy pad vind 
Na wat jy wil hê 

    Laat die kerslig hang, 
Laat my net verlang.
    En aan jou lippe hang x3

    Dis ou droom die, Wat my wakker laat lê
    Soos die ou storie, Wat jou hart wou sê 

    Jy moet jou liefde hier los as jy myne wil hê 

    Soos die gee en die neem van die lewe, Soos wat jy sou sê 

    Instr - 4 bars.
    Bridge - Dit droom ek. In my eden tuin. 
Dit wens ek. Wil dit uitbasuin x 3

  • 5

    Spoorloos

    Buy track Lirieke

    (vers1)
    Ek en jy, sal altyd grondpad ry
    En in die droogland bly, tot waar ons water kry

    Deur die goed en seer, hoeveel moet ons nog leer?
    Dit gebeur maar keer op keer, en dan probeer ons weer

    (koor)
    Maar jy het spoorloos, soos mis voor die son verdwyn
    En ek is weerloos, tot jy weer aan my verskyn
    Op die draadloos, speel n song vir jou en my
    Ek is spoorloos, sonder jou

    (vers2)
    Ons het tyd, om die kreukels uit te stryk
    Jy weet ek is bereid, om nooit weer terug te kyk

    Hier staan ek nou, ek sukkel om vas te hou
    Hier binne is dit rou, ek soek nogsteeds na jou...

    (brug)
    Ek kan nie keer wat gebeur het, ek weet ek maak jou seer
    Wat kan ek doen, kan ek sê
    Om jou weet terug te wen

  • 6

    Al Die Dubbles

    Buy track Lirieke

    Hy sit alweer alleen, met net die barman oor
    Hy sluk die laaste een, dit tref hom reg van voor
    Hy sê dis nie sy skuld, en net die bottel bly oor

    Hy wil van haar vergeet, en hy het als probeer
    Maar sy bly aanhou klop aan daardie eensaam deur
    Haar woorde spook by hom, soos dit sy hart in 2 skeur

    En dit se
    Dis van
    Al die doubles dat ek single is
    Al die doubles dat ek jou so mis
    Ek kyk hier om my, hier's niemand by my
    So sal ek jou nooit weer terug kry

    Van Al die doubles dat ek niks meer werd is
    Die babalas laat my op Sondae kerk mis
    En al wat oor bly, 's my hond hier langs my
    Van al die doubles, dat ek single is

    Die barman sluit die deur, en stuur hom op sy pad
    Dis weer sy hondjie Rex, wat hom moet huis toe vat
    En in sy dronk verdriet begin hy met sy hond praat

    En hy se weer?
    ‘As sy maar net soos jy, weer in my bed wou slaap
    As sy maar net soos jy, nie heeltyd terug wou praat
    As sy maar was soos jy, dan het sy my nooit verlaat'

  • 7

    Bok Vir Sports

    Buy track Lirieke

    Dit laat my hare rys
    Hardehout en braaivleis
    Daar's niks wat so hard praat
    Soos rooi grond en doringdraad

    Hier om die kampvuur voel ek tuis
    Hier by my vriende kan ek my ware kleure wys

    Is jy n Bok vir Sports
    Is jy n lekker ou
    Kry jy hoendervleis as ons die spangees bou

    Is jy n Bok vir Sports
    Kan jy (jou) tande wys
    Is jy n Bok... n Bok vir Sports

    Ons staan voor Loftus
    Met glase wat vol is
    Dis naelbyt, dis eindstryd
    Dis n Derby, dis Noord teen Suid

    Hier op die cheapseats voel ek tuis
    Hier by my vriende kan ek my ware kleure wys

    En as ons saam staan, staan ons soos een man
    En as ons skreeu, skreeu ons vir een span
    Waar ook al ons gaan, gaan almal saam
    Is jy n Bok vir Sports

  • 8

    Die Beste Dag Van My Lewe

    Buy track Lirieke

    Ek was n eerste jaar en my hare lank
    Ek wen ‘n gop(DICE) kompetisie in die Oos rand
    En die eerste prys was 2 tickets na Thailand

    En op Emirates het ons skaars gesit
    Toe die lugwaardin my op die skouer tik (in haar tee verstik)
    En sy vra vir my, 'Is jy nie dalk Brad Pitt'

    Ek moes 2 keer dink, maar dadelik sê ek 'Ja!'

    Dit was die beste dag van my lewe
    Brad Pitt moet my maar vergewe
    ‘ Gee dit maklik 10 uit 7, want ek kan
    Dit was die beste dag van my lewe

    En toe ons daar land wag n Limouzine
    En die paparazzi van elke magazine
    En so smart hotel het ek nog nooit gesien

    Ons was gewine en gedine en bewusteloos
    Ons het geparty soos rockers ons was eindeloos
    En daar was 'iets' wat gelyk het soos Angelina Jolie

    Die battle scars was als die moeite werd

    As ek die foto's kyk, dan verlang ek terug
    Toe ek wakker word lê ek op my rug
    En daar voor my staan 'Angelina Jolie'
    En sy sing 'Sweet Home Alabama...'

  • 9

    Soos In Die Ou Dae

    Buy track Lirieke

    Ek was n halfuur vroeg en op my senuwees
    Soos ek ry deur Graaf Reinet
    Ek het stil gehou (net)voor die plaas se hek, vir my laaste sigaret

    Ek sit my iphone weg, trek my vellies aan
    En haal die biltong uit die kar se boot
    Want ouers vra, vat mos baie moed
    Ek haal my hoed af om die Oom te groet

    Soos in die ou dae, sal ek die Baas vra
    Die Baas van die plaas, ja
    Soos in die ou dae
    As jy haar hand vra, moet jy kan saam praat
    Moet maak soos 'hy' maak
    Soos in die ou dae

    En soos die son gaan sak ry ons n laaste draai
    En hy wys my waar 'sy' skape wy
    En eers laat daai aand, steek 'hy' n vuurtjie aan
    Ek sien die bottel met die doring draad

    Hy skink n stywe een (dop), want my tong moet los
    Hy't gesien dwarsdeur my plan
    Maar dit maak nie saak, van al die doringdraad
    Het ons gekuier dat die skaaptjops/vet spat

    En soos die son opkom, tref n moerse bom
    Ek het nooit vir die oom gevra
    Ek wou nog 'hum en ha', of oor n email vra!
    Toe sê hy 'Noem my sommer nou al Pa!'

  • 10

    Voor Ek My Kop Neerlê

    Buy track Lirieke

    Vers 1
    jy weet eers wat jy het as dit weg is
    dis die tekens langs die pad wat jy mis
    dis die vinnige hellos
    dis hartseer goodbyes
    as die lewensklok slaan onbewus

    Voor ek my kop neer le
    Wil ek my hoogste berg klim
    En in die Namib duine/Onder ‘n kremetart (boom), weer stilte vind

    Wil al die sterre tel...
    Voor ek my laaste song sing
    Ek wil vir elke oomblik leef
    Voor ek my kop neer

    Vers 2
    dit klop eers aan jou deur as dit reg is
    want die vrede wat jy vind gee jou rus
    vergeet en vergewe
    dis te kort se die lewe
    as jy weer sien is alles verby

  • 11

    Skoenmaker

    Buy track Lirieke

    'n Vaal wol wat knoop aan 'n hanslam se stert.
    En 'n hoender wat sy kekkel nie wil hê .
    'n Slagding wat loop om die huis se erf 

    En die gans gaan nog haar eiers daar kom lê

    En jy wou stad toe trek agter mansmense aan

    Jy wou my verlaat agter goue goeters aan. 

    Dan moet dit seker maar so wees 

    Skoenmaker hou jou by jou lees.

    Drie jaar is verby vandat jy hier weg moes ry

    Ek het gou weer my skape getel 

    Jou stad se gedruis teen die stilte van my huis

    Laat my glimlag oor my groot verloor 

    Laat my glimlag van oor tot oor.

    Jy het stad toe getrek agter mansmense aan
    Jy het my verlaat agter goue goeters aan. 

    Nou is dit goed dis so gewees 

    Want die Skoenmaker Kon anyway nie lees.

    En eks bly jy nou 'n Lady 

    Want jy was toe Nooit vir my nie. 

    Jou stad en sy ligte 
Die plaas en sy pligte
    Jou Stad se gevare, die plaas se maer jare.
    En my kooigoed hang skoon op die draad

    Ja my kooigoed hang skoon op my draad.

  • 12

    Ek Het - Duet Met Laurika Rauch

    Buy track Lirieke

    ("Tis better to have loved and lost than never to have loved at all" - Alfred Lord Tennyson)

    (Laurika)
    Ek het gestaan, ek het geval
    Ek het wat-wou, ek het gewens
    Ek het gelag, ek het gevra
    Ek het gewonder wat jou pla

    En eendag as dit stil word, en ek niks-meer-nog wil hê
    Sal ek sonder twyfel in my hart, vir jou kan sê... Ek het

    (Bok & Laurika - oktawe uit mekaar uit)

    Ek het gestoei, ek het gewen
    Ek het versnel, ek het gerem
    Ek het geterg, ek het gehuil
    Ek het verskil, ek het verander

    En eendag as dit stil word, en jy niks-meer-nog wil hê
    Sal ek sonder twyfel in my hart, vir jou kan sê... Ek het

    (Bok)
    Ek het gemik, ek het geland
    Ek het gesorg, ek het volhard
    Ek het gevat, ek het gelos
    Ek het het geslaag, ek het genoeg

    (Laurika & Bok)
    En eendag as dit stil word, en jy niks-meer-nog wil hê
    Sal ek sonder twyfel in my hart, vir jou kan sê...

    (Laurika & Bok continue)
    En ek het als gesien, en ek het als gehoor
    Ek het my hart uit gespeel, en ek het soms verloor
    Ek het gedink ek het geleer
    Ek het gelief, ek het verlang na jou

    En eendag as dit stil word, en ek niks-meer-nog wil hê
    Sal ek sonder twyfel in my hart, vir jou kan sê... Ek het
    Ek het..
    EK HET.

  • 13

    Soutwater

    Buy track Lirieke

    Ek is nou_____ net soos ‘n Man
    ‘n Gehawende reune, waar daar eens lewe was
    ‘n Heiden wie se lippe, op ‘n plek, op ‘n tyd
    in joune kon verdwyn en weer bekering kry

    Die Windpomp draai maar daar is niks
    Net stof in die krane
    Ek kort jou liefde om my dors te les
    Want hier is net trane

    Ek is dors
    Ek raak verlore in die strate waar ek bly
    Ek is dors
    Ek wil dronk raak op jou wyn

    Maar hier waar ek bly
    Is dit net soutwater en woestyn, net soutwater en woestyn.

    Ek is nou nog, net soos ‘n man
    ‘n verlate huis, waar daar eens lewe was
    mure gevul met samesyn, op ‘n plek, op ‘n tyd
    jy was my oase in die woestyn

    Die windpomp draai, ek sukkel om te slaap
    Ek kort jou boesem om my kop te rus
    Hiers net klippe en sand

    Ek is dors
    Ek raak verlore in die strate waar ek bly
    Ek is dors
    Ek wil dronk raak op jou wyn

    Maar hier waar ek bly
    Is dit net soutwater en woestyn, net soutwater en woestyn.

Sing Afrikaner Sing

Nou beskikbaar

Koop nou

Website Security Test