Is jy gebore,
Donker afrika se kind.
Voel jy verlore,
Voel dit was nie eers jou skuld.
Maar jy moet aanhou glo,
Nooit ooit vergeet,
So staan ons saam.
Koor:
As jy voel jy staan alleen,
En almal se jy kan nie wen.
As jy my vra sal ek jou dra
Deur bloed en sweet hoor jy my kreet
Jy moet weet jy’s nooit alleen,
Die afrikaner het ‘n stem.
As jy my vra sal ek jou dra
In bloed en sweet is dit my kreet.
Soek jy na rede
Om in afrika te bly.
Soek na die vrede
Soek net die lewe in die stry
As jy jou alles gee
Dan gee ons meer en meer
Koor
Praat met my oor dit wat saak maak
Los die goed wat jou net kwaad maak
Daar’s te veel om aan vas te hou
Maar ek mis vir jou,ja ek mis vir jou
Die ou klipkerk gebou
Praat met my oor naaste liefde
En ek sal leer om te vertrou
Jy was die anker met ons grootword
En ek mis vir jou,ja ek mis vir jou
My ou klipkerkgebou
Koor
As die winde jou wil wegwaai
En die storms jou verdrink
Roep na my ek ken die antwoord
Daar’s `n plekkie waar jou siel hoort
As die lewe voor jou inloop
Is dit tyd om weer te draai
Terug na die ou klipkerk gebou
Daar’s te veel wat ek nie weet nie
En dalk te min wat ek berou
Ek sal jou naam nooit kan vergeet nie
Want ek mis vir jou,ja ek mis vir jou
My ou klipkerk gebou
Koor
Weet jy wat jy als vir my beteken
As daar fout is moet jy se
Ek sal dit so wil he
Dat jy nie twee keer hoef te vra nie.
Trane sal jy nooit weer hoef te huil nie
Ek sal meer as net probeer,sal jou skerm teen die seer
Dat jou hart nooit hoef te skeur
Koor
Vir jou sal ek wees,`n goeie man wat altyd sal bly staan
Vir jou sal ek wees wat jy verlang ek sal jou op my hande dra
Met liggaam en gees sale k daar wees om die twyfel weg te hou
En al stort die wereld om ons neer bly ek `n goeie man
In donker sal jy nooit weer hoef te skuil nie
Ek sal weet as jy my vra
Om te vat wat jou nog pla
Dat jy dit nooit hoef te dra nie
Somtyds as dit als vir jou te veel raak
Moet jy weet ek hou vas
So styf hier teen my vas
Dat niks jou ooit weer kan seermaak
Koor
Brug
Ek voel jou in my wese
Ek weet jy’s deel van my
Vir jou het ek belowe
Ek sal altyd by jou bly
Toe ons nog laities was
Het ons uit `n boomhuis regeer
Toe alles anders was
Was ons ook vir alles blameer
Geen heinings,geen grense
Ek wens ek was weer nege en weer saam met my
Koor
Bmx en bende was legende
En daardie jare was ons die gevare
My bmx en bende bly legende
Die beste verlede maak op vir die hede
Ek mis my verlede
Toe ons die A-team was
Het net ses van die bestes ons beheer
Toe lewe veilig was
Het ons Pa’s op die grense masheer
Nou’t heinings ons mense
Ek wens ek was weer nege en weer sam met my
Koor
Langs ‘n opslaantent buite hartenbos
Sug oom vetseun fielies langs ‘n groot bord kos
15 braaibroodjies en ‘n meter wors
Dubbel brandewyne want die oom is dors
Hy lyk soos w w e se mr t
Op sy t-hemp staan daar groot: r you looking @ me?
Maar as tina van wyk van agter die stoof vir hom kyk
Begin hy soos ‘n bang verwarde springhaas lyk
Koor:
Sys so onortodoks
Sy’t teen mike tyson loop boks
Sys ‘n bengaalse tier
Soos ‘n skoothondjie versier
Haar naam is tina van wyk
Die upper class het haar ontduik
Sy dra ‘n fake, zef paris hilton pruik
Dertig jaar gelede op die strand onmoet
By dieselfde kampterrein vir mekaar skaam gegroet
Sy was ‘n hottie en hy was sterk
Nou’s sy op holiday en hy moet werk!
Fielies maak vuur, fielies moet braai
Fielies moet vir vir tina met ‘n piesangblaar waai
Fielies gaan maak vir my ‘n margarita…
Koor
By die swembad in haar neon pienk monokini
Het tina gedog fielies gaan vir haar nie sien nie
Skelm met die lewensreder hom verneuk
Fielies se klein hartjie nou finaal gebreek
Tina masheer my , tina maak slaai
Tina moet vir fielies met ‘n piesangblaar waai
Tina bring vir my ‘n brandewyn!
Koor
Neentien vier en neentig kom ‘n ommeswaai
Alles sou verander en ons waai ‘goog buy’
Twintig jare later,kyk waar staan ons nou
Ons pelle het hul kans verbrou
Ons manne oor die water se hul kom nie terug
Ons stuur ‘n noodsyn uit,maar toe verdwyn daai lig
Ons begin toe almal dink ons kort ‘n beter plan
Want ons nommers kwyn met elke man
Koor
Almal soos konyne
Kinders by dosyne
Kom ons bou ‘n stem
Om eendag weer te wen
Almal soos konyne
Kinders by dosyne
Kom ons bou daai stem
Om die verkiesing wee rte wen
Honderde gesogtes en een groot skandaal
Honderde beloftes waarvoor ons moet val
Laat ‘n mens besef dit bly nogsteeds ons plig
Om op te bou wat was gestig
Oor ‘n honderd jaar van nou sal iemand oor vertel
Dat lank gelede was ‘n land in diepe hel
Maar iemand het gedink,en ‘n plan beraam
En daaroor stem ons almal saam
Koor
Ek onthou die Wilson toffies in jou Mond
Die soetste geure wat net ek kon proe
Met ons geheime soen
Ek onthou my pa se woorde
Sy’s nie goed genoeg vir jou
En ek moes jou laat gaan
My hart het daar gaan staan
Koor
Daar anderkant die treinspoor
Wens ek kon dit weer hoor
Die skate in jou stem soos wat jy lag
Die drome van die dae wat nog op ons wag
Daar anderkant die treinspoor
Wens ek het jou nooit verloor
Want ons sou nooit kon trou
Al was my hart by jou
Al was dit so verkeerd
Daar anderkant die treinspoor
Ek onthou die smaak van koffie in jou Mond
Die diepste geure wat net ek kon proe
Met ons verbode soen
Ek onthou my ma se woorde
Hy’s nie goed genoeg vir jou
En ek moes jou laat gaan
My hart het daar gaan staan
Koor
In vroeg 2010 was die land sokker mal,
En Fifa se fluitjie het op Loftus geval,
Die bulle moes uit en die pale moes gaan,
As jy final wou kyk moes jy...Soweto toe gaan,
Ons pak toe die bussie, vleis, klippies en coke,
Die manne is nervous, die jonges wil choke,
Maar dis groot rugby final en blou bloed’s nooit bang,
Hier kom ons Orlando, mag geen....tsotsi’s ons vang....
Maar nooit sal jy glo wat ek nou gaan vertel,
Soweto partykie! Hy klim in ons vel!
Die mense lag almal, ‘n African dream,
En daar om ‘n draai, staan die Blou bul shebeen, ‘n Blou bul Shebeen?
Koor
‘n Blou bul shebeen, Eisan!
‘n Blou bul Shebeen? Hola!
Nooit in jou lewe het jy so iets gesien.
‘n Blou bul shebeen, Eishan!
‘n Blou bul Shebeen? Hola!
In Soweto, dis rugby
Dis kwaito en khaki,
En niemand kry gestaak nie,
In daai Blou Bul Shebeen!
Die karre en busse maak daai plek vol,
Nog nooit in Soweto was daar so ‘n wit kol,
Dis rugby soos sokker die braaie vat vlam,
Die mense lag lekker, die kleure meng saam
Dis tyd vir die game maar die manne wil bly,
Daai Blou shebeen het ‘n T.V. gaan kry,
Ek vat toe my kaartjies en skeur hulle op,
Ek sê vir daai Queen , skink maar...nog ‘n dop!
Die hele shebeen het geskreeu, ons was laf,
Toe die Blou bulle daar by Orlando uitdraf,
Rugby, Soweto, jy’s seker mal!
Maar lyk my almal by South Africa hulle like die rugby bal!
Koor
Die stories loop weer wild die eerste aand om die vuur,
Van jagtrips in Selous tot kettie skiet na ‘n tier
Van springhaas met slagtande en leeus met kaalhand vang
Die aand word al hoe maller soos die brandewyn in ons oe hang
Prechorus
Hierdie storie loop nou so,en glo my ek was daar
My roer teen die bok gaan neerle,want hierdie jag was mos klaar
Die bok staan op soos ek my rug op hom draai
En hak toe die geweer en daai geweer was gelaai
Koor
Vlug manne vlug,hierdie bokke skiet terug
Gee nie om wat die mense se nie
Hierdie bokke wil nie bly le nie x2
Met ‘n duikrol slaan ons dekking wat de hel het ons hier?
Dis daai gekweste rooibok wat ons jagtrip ontsuur
Ek word nie nou al biltong, kan die reuk van slaghuis nie verduur
Jy gaan beter moet skiet vir my foto teen die muur
Koor
Ek speel maar vir die wynspan
Ek skop die bal woer woer
As jy my nie kan puipkan
Tekkel ek jou in jou moer
Ek headbud jou in die lynstaan
Ek skop jou in jou kniee
Ek slaan jou met die vlagman
As ek tussen beide tree
Koor
Diknek en klein tandjies x4
Kleedkamer of koelkas toe
It’s all the same to me
Maermerries en opstoppers
Ek veg vir elke drie
Donky byt en ore knuip
Ek spoeg jou in die scrum
Ek trap jou in die vastelos
Check daar le jou tand
Koor
Die skeidsregter is bang vir my
Ek het hom al gemoer
Een aand op ‘n tekkieparty
Op die kleedkamer se vloer
Moet my nie veroordeel nie
Ek doen dit vir die span
My gunsteling taktiek
Los die bol speel die man
Koor
Rooi kaart geel kaart
Kyk of dit vir my traak
Al wat op die ou end saak maak
Is die ander span se mannetjies seer maak
Koor
Maandag oggend gesuit en getie
Die kinders nou net by die skool afgelaai
Die resessie het nou sy nadraai
My vrou moes loop werk in ‘n mall in Dubai
Dinsdag het ek jou gesien by die Spar
Wou nog groet maar daar was ice cream inni kar
Woensdag wou ek bel maar was met werk oorlaai
Ek bel jou more met reelings orri braai…
Koor:
Maar as die naweek kom maak ons die honne los
Vir die volgende twee dae maak ons inni Weber kos
Maak nie saak wat nie, solank jy my vertel
Waaroor ons nie kan praat nie wanneer ek jou bel.
Maandag aand moes ek my bakkie verkoop
My kinders het sommer skool toe geloop
Ek begin dink om perlemoen te gaan stroop
Tot hoe laat vanaand bly die drankwinkel oop?
Dinsdag sou ek email,maar my lugtyd was op
Ek wou sommer hoor of jy lus voel vir 'n dop
Woensdag wou ek se, kom maak net kn draai
Maar ek bel jou more met reelings oor die braai
Koor
Hierdie grond hierdie stof wat ek hou in my hand
Hierdie bloed hierdie been van my mense my land
Hierdie stuk van my hart van my pa ge-erf
Vir dit sale k lewe,vir dit sal ek sterf
Koor
Plattland o menseland geskep vir my uit God se hand
Platteland o traneland gebou uit klip verval tot sand
Hierdie woorde van haat wat ek hoor op die wind
Hierdie mense wat se dat mense is blind
Maar as jy kyk, as jy kyk, kyk wat staan daar
Kyk waar’s die klippe van bouers bewaar
Koor
En wat bly, bly daaroor? Hoekom veg ons oor grond?
En wat is, is ‘n mens? Dinamiet met ‘n lont
En wat moet ek se sodat almal verstaan?
Dis hier waar ek lewe,dis hier waar ek staan
Koor
Platteland o menseland geskep vir my uit God se hand
Platteland o traneland gebou uit klip verval tot sand
Die wereld draai en die tyd vergaan
En eintlik bloei ons almal saam
Platteland o sieleland ek hoor jou roep jy roep jy roep na my
My hart se land beloofteland ek staan geboei maar ek is vry