Kalendar
Fri
12/03/2010
8:00 pm
Presleys Boksburg
Maria 011 826 1988
Fri
19/03/2010
10:00 pm
Graaff Reinet
Johan 049 891 0825
Sun
21/03/2010
12:00 pm
Wellington Oesfees
Myra
Mon
22/03/2010
Die Boer - Durbanville
Margit 021 979 1911
Tue
23/03/2010
8:00 pm
Dorpstraat Teater Stellenbosch
Michelle 021 889 9158
Fri
26/03/2010
7:30 pm
Secunda
Leonara 017 638 1541
Sat
27/03/2010
Langebaan Weskus Lagoonfees
Sonja 022 772 0654
Sat
03/04/2010
Nieu - Zeeland
Pierre +64 634 39255
Sat
10/04/2010
8:00 pm
Presleys Pretoria
Maria 011 826 1988
Sat
17/04/2010
7:00 pm
Middelburg Mpumalanga
Adele 072 888 2759
Mon
26/04/2010
Pretoria Jacaranda Kunstefees
Thu
29/04/2010
8:00 pm
Bloemfontein
Roselle 082 388 3662
Fri
30/04/2010
Uitenhage
Gerhard 082 374 3641
Fri
07/05/2010
Upington
Sandra 078 709 2223
Sat
08/05/2010
Emerald Casino
Willie 016 982 8280
Thu
27/05/2010
9:00 pm
Firkin Centurion
Firkin 012 663 4213
Sat
29/05/2010
12:00 pm
Kathu
Rita 053 723 1266
Thu
01/07/2010
9:00 pm
Firkin Centurion
Firkin 012 663 4213
Fri
09/07/2010
Springs
Janine 072 686 8065
meer...
Dangana Golf Estate Garmin Thithombo Game Lodge Twin Boats & Trailers
Biografie

BOK VAN BLERK

gebore Louis Andreas Pepler op 30 Maart 1978, het in Pretoria grootgeword. Ná skool op Hoërskool Die Wilgers het hy vir nege maande in Rotterdam, Nederland rugby gespeel en daarna Boukunde en Konstrukiesbestuur studeer. Hy was toe vir sewe jaar in die boubedryf voor hy 'n professionele sanger geword het.

"Ek het maar altyd 'n kitaar saamgevat as ons gaan kamp het of om 'n vuur gekuier het," vertel Bok. In 2005 is hy deur Sean Else en Johan Vorster genader om hul platemaatskappy, Mozi Records, se eerste kunstenaar te word. 'n Album is opgeneem en as Bok van Blerk en die Mossies: Jy Praat Nog Steeds My Taal in Maart 2006 vrygestel.

In Oktober word die album weer vrygestel maar hierdie keer is die titel De la Rey na aanleiding van die trefferliedjie wat stadig maar seker onder mense se velle begin kruip het. Die verkope van die album begin klim en dit word een van die grootste verkopers van 2007. Die verkope van die album is vandag net onder 200 000 wat dit een van die suksesvolste debuutalbums ooit in Afrikaans maak.

Bok ryg behoorlik die pryse in 2007 in. Hy wen drie Tempo-toekennings, vyf Vonk-toekennings en die video van De la Rey wen die MK Musiekvideo van die Jaar-prys.

In 2007 is Bok deel van Ons Vir Jou, 'n rugbyalbum wat uitgereik is vir die Wêreldbekertoernooi wat uiteindelik deur Suid-Afrika gewen is. Die album is 'n reuse sukses met verkope van 90 000.

Ná die sukses van De la Rey wat bykans 200 000 albums verkoop het, is Bok van Blerk terug met‘n nuwe album wat beloof om net so groot soos die vorige een te wees. Afrikanerhart is ‘n album met vyftien oorspronklike snitte en wissel van sosiale kommentaar tot liedjies om op te jol. Die Afrikanerhart album het reeds dubbel Platinum status bereik.

Bok het as sanger en liedjieskrywer baie gegroei sedert sy weghol debuut in 2006. “Dit was nodig dat ons so lank moes wag met ‘n tweede album,” sê Bok. “Ek het in daardie tyd gegroei as kunstenaar en wou wag vir die regte tyd om ‘n tweede album uit te bring. Ek is baie opgewonde oor die album en veral opgewonde oor die nuwe klank en neiging wat die album inslaan. Ons gaan vorentoe met hierdie album. Daar is van die liedjies wat snypunte aanraak waarby mense aanklank sal vind en daar is selfs ‘n liefdesliedjie. Wie sou ooit kon raai dat Bok van Blerk ‘n love song sal doen! Ons het hard gewerk aan die album en ek glo mense gaan dit net soveel, indien nie meer nie, as die vorige album geniet. Ek sien uit daarna om met die album te toer en die nuwe liedjies vir die mense te bring.”


Bok het verskeie belangstellings. Hy is lief vir die natuur, jag, diepseevisvang, motorfietse en natuurlik musiek.

MEER OOR BOK VAN BLERK

Verjaarsdag
30 Maart 1978

Geboorteplek
Pretoria

Gunsteling Kleur
Blou

Gunsteling drankie
Cream Soda

Rolmodelle
Valiant Swart

Gunsteling kos
Steak
Egg
en Chips

Gunsteling motor
GS1200 Motorfiets

Gunsteling musiek
Travelling Wilburys
Valiant Swart
Foo Fighters

Gunsteling vakansie plek
Mozambique

Gunsteling fliek
Snatch

Gunsteling akteur
Benicio Del Toro

Gunsteling aktrise
Angelina Jolie

Stokperdjie of tydverdryf
Motorfiets ry
en Hengel

Wat is jou lewensleuse
Wees eerlik en opreg
en Moenie die waarde
van vriende onderskat nie

Wat maak jou kwaad
Mense en media wat leuns vresprei

Wat laat jou hart warm klop
Die Bosveld

Waar skool gegaan
Laerskool Donkerhoek
Hoërskool Wilgers
Bok van Blerk - De la Rey
De la Rey
Bok van Blerk - Afrikanerhart
Afrikanerhart
Dangana Golf Estate Garmin Thithombo Game Lodge Twin Boats & Trailers
Foto Kassie

Vorige foto Volgende foto

Dangana Golf Estate Garmin Thithombo Game Lodge Twin Boats & Trailers
Besprekings
BAIE DANKIE vir u navraag in verband met 'n moontlike GIG
Voltooi asb. dringend en stuur die vorm terug sodat 'n datum geallokeer kan word.
LW: Dat die aansoekvorm nie 'n kontrak is nie en dat geen datum op die stadium vasgemaak is nie!
Vul asseblief die volgende besonderhede in:
*Naam:
*Van:
Organisasie:
*Tel:
Sel:
Faks:
E-pos:
*Dorp/Stad:
Provinsie:
Buiteland:
*Moontlike datum van GIG:
Naam van venue:
Adres van venue:
Kapasiteit van lokaal:
Formaat:
Kommentaar:

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


Besig om jou navraag te stuur...
Navraag suksesvol
Baie dankie vir jou navraag, ons kom so gou moontlik terug na jou.
Dangana Golf Estate Garmin Thithombo Game Lodge Twin Boats & Trailers